
=====================================================================
Taal, kleur en eiewaarde (AV 7:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Taal, kleur en eiewaarde

P.A. Joubert vra wedersydse begrip tussen swart kleurverontregtes en wit taalverontregtes.

Oor taal bestaan daar ernstige misverstand tussen wit Afrikaanssprekendes en hul swart medeburgers, sprekers van Afrikatale.

Dit is vir die meeste Afrikaanssprekendes moeilik om 'n houding te begryp wat vir hulle lyk na swartes se gretige voorkeur vir Engels bo 
hul eie tale, terwyl hulle op rassisme bly hamer. Swartes sien op hulle beurt Afrikaanssprekendes se aandrang op die gebruik van Afrikaans 
op allerlei terreine dikwels as 'n verwerplike sug na rasse-eksklusiwiteit.

Die twee groepe praat by mekaar verby omdat wit Afrikaanssprekendes nie altyd mooi besef waarom die klem by swartes op kleur val nie en 
swart Suid-Afrikaners op hulle beurt nie kan insien waarom wit Afrikaanssprekendes so oor die taal begaan is nie. Wedersydse begrip kan 
dalk bevorder word deur die besef dat albei verskynsels erfenisse van die kolonialisme is.

'n Belangrike kenmerk van die koloniale era was dat die koloniseerders vas aan hul eie meerderwaardigheid en dus aan die minderwaardigheid 
van die gekoloniseerdes geglo het. (Die Tunisies-Franse skrywer Albert Memmi het die terme "koloniseerder" en "gekoloniseerde" gebruik in 
die titel van 'n boek wat in Engels vertaal is as The colonizer and the colonized.)

'n Tragiese uitvloeisel was dat swart gekoloniseerdes van hul eie minderwaardigheid oortuig geraak het, met die gevolglike vervreemding en 
selfveragting, die verlies van 'n gevoel van eiewaarde. Die Karibies-Franse skrywer Frantz Fanon, wat psigiater en 'n belangrike figuur in 
die literatuur van die antikolonialisme was, het 'n hele boek gewy aan wat hy noem 'n "massiewe psigo-eksistensile kompleks", veroorsaak 
deur die jukstaposisie van die wit en die swart ras. (Die titel van die Engelse vertaling is Black skin, white masks). Voorin sy boek haal 
Fanon die woorde aan van 'n ander Karibies-Franse skrywer, Aim Csaire: "Ek praat van miljoene mense wat knap besmet is met vrees, 
minderwaardigheidskomplekse, angs, slaafsheid, wanhoop, vernedering."

Omdat kleur die brandmerk is waarmee die kolonialisme swart mense as minderwaardig gemerk het, maak verset teen alle tekens van antiswart 
rassisme so 'n belangrike element uit van die saamleefkrisis in lande wat deur wit en swart gedeel word. Die sielkundige letsels van di 
brandmerk, die aantasting van swart mense se menswaardigheid, die "destruction of all sense of self-esteem" waarvan president Thabo Mbeki 
in sy "I am an African"-toespraak in 1996 gepraat het, is inderdaad nie minder belangrik as die stoflike benadeling wat gekleurdes deur 
kleurdiskriminasie gely het nie. Dit is trouens opvallend hoe dikwels pres. Mbeki en ander swart leiers in die afgelope paar jaar die 
woorde "waardigheid" of "menswaardigheid" in hul toesprake gebruik het.

So oorheersend het gevoeligheid vir benadeling of affront op grond van kleur by swart mense geword dat dit die verdringing van hul taal en 
ander kultuurelemente in die proses van kolonisering op die agtergrond gestoot het; dat hulle selfs om stoflike redes die koloniale taal 
verkies as voordelig vir hulle en die toekoms van hul kinders (in Suid-Afrika en ander ou Britse kolonies Engels, elders in Afrika Frans of 
Portugees).

Die geskiedenis het wit Afrikaners in 'n eienaardige situasie geplaas. Hulle was self koloniseerders teenoor gekleurde gekoloniseerdes en 
het kleurdiskriminasie tot hul voordeel gebruik. Maar op hulle beurt is hulle gekoloniseer, en hier kon kleur nie die brandmerk van die 
gekoloniseerde se minderwaardigheid word nie. Omdat die taal van hul koloniseerders Engels was, het verengelsing 'n kernelement van die 
proses van kolonisering geword. Afrikaners se verset teen kolonisering was dus tot groot hoogte verset teen verengelsing, nie net omdat die 
gebruik van die eie taal om praktiese redes verkieslik was nie, maar omdat hul taal vir hulle die waarmerk van identiteit en eiewaarde 
geword het.

Langenhoven het dit in 1925 in die Senaat s verwoord: "En hoewel die taal maar 'n instrument is, is dit die enigste instrument wat 'n volk 
het om aan sy hoogste kultuur en veredeling en beskawing uiting te gee. Dus, wanneer die volkstaal weggehou word uit die hoogste werkkringe 
van die staat, beteken dit nie alleen afbreuk aan die agting wat ander vir so 'n volk koester nie, maar 'n seermaak van sy gevoel van 
eiewaarde."

Verdringing van die volkstaal reik, soos Langenhoven aandui, verder as taal: dit lei, om die Keniaanse skrywer Ngugi wa Thiongo se bekende 
frase effens aan te pas, tot die kolonisering van die gees.

Wit Afrikaners is die grootste deel van die negentiende en tot in die twintigste eeu aan taalkolonisering onderwerp, met 'n korter tydperk 
in die twintigste eeu waarin Afrikaans binne 'n opset van twee amptelike tale 'n leefbare staanplek gekry het.

Saam met die nuwe eeu het nou in Suid-Afrika 'n hernieude era van taalkolonisering aangebreek deurdat Engels oral vorentoe gestoot word. En 
in een van die eienaardige ironiese kinkels wat soms in die geskiedenis voorkom, bevind swart Suid-Afrikaners as die regerende meerderheid 
hulle weens hul voorkeur vir Engels in die rol van koloniseerders, terwyl wit Afrikaanssprekendes vrees dat hulle opnuut in die rol van 
gekoloniseerdes gedwing word.

Daar kan ges word dat kolonialisme in die vorm van taalverdringing in die skaal van die geskiedenis nie so swaar weeg soos die 
onregverdighede en gruwele van die kolonialisme teenoor swartes nie. Maar het ons nie hier, in Fanon se woorde, die grondstof vir nog 'n 
"massiewe psigo-eksistensile kompleks" nie, di keer veroorsaak deur die jukstaposisie (in Suid-Afrika, maar nie net hier nie) van die 
magtige wreldtaal Engels en die volkstaal? En is hier, afgesien nog van alle praktiese oorwegings en bloot deur die erkenning van elkeen 
se reg op menswaardigheid en 'n gevoel van eiewaarde, nie grond vir wedersydse begrip tussen swart kleurverontregtes en wit 
taalverontregtes nie? P.A. Joubert is 'n afgetrede joernalis en woordeboekmaker met 'n besondere belangstelling vir die Suid-Afrikaanse 
geskiedenis en politiek.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7413.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Finaal 2000 /// Nuwe SBA maak deure oop met Afrikaans /// Gedig met 
skets van Nick Mallet /// Bertie du Plessis s /// Nuwe Direktoraat: Buitelandse Betrekkinge /// Afrikaans-Ekspo groei steeds /// Welslae 
met slypskole /// Wat onthou word, l n aan die hart /// Vertel hulle van die rykdom in Afrikaans /// Ons lesers skryf: Voorstelle vir 
'realiste' /// Ons lesers skryf: Leer van Vlaandere /// Buro van woorde staan sterk /// Veeltaligheid in nuwe Suid-Afrika /// 
Nederlandssprekers leer Afrikaans /// Taal, kleur en eiewaarde /// Burgeroorlog in Afrikaanse geledere /// Vir fliekvlooie, boekwurms, 
jappies en ... /// Punt in die wind /// Eie woord en klank voer mee /// Handleiding oor grammatika en uitspraak /// Europa eis kennis van 
tale /// Die tinktinkie en die renboog /// Taalwerkers saam onder Afrikaanse kombers /// Tieners wil nie lees nie! Wie is skuldig? /// 
Oupa se woorde is kompas in nood /// Trots van die SvA  geletterdheidswerk /// Luister na stem van ware identiteit /// 'Ons gee Afrikaans 
'n nuwe baadjie' /// 'Donderse Engelsman' is prestigepryswenner /// Taalspeletjies gee vonk aan Afrikaanse lesse /// Plaasskole word 'n 
avontuur /// Afrikaans Vandag sit hand by /// In Amerika klop harte warm vir Afrikaans /// Die kode is P /// Een van talle suksesvolle 
literre skryfskole /// Engels ongeskik vir Afrika renaissance /// Ons lesers skryf: Gebruik Engels om Afrikaans te prys /// Kongres toon 
literatuur is poort tot kennis /// Moedertoorn /// Laat feeste voorhuisdeure wyer oopmaak /// Skep eenvormigheid met flair /// Vista-
studente se Afrikaansfees maak geskiedenis /// Daar's lewe by die Afrikaanse Skrywersvereniging /// 'Kyk met haikoe-o' /// Daar is 'n tyd 
vir gaan... /// Ontmoet Afrikat /// Vakansiebestemming: Valsbaai /// Grootkop rol

